Storm Op Jupiter – Lukas De Beer (CD)

R99.90

Product Description

Lirieke en melodieë wat ongetwyfeld jou hart sal raak.

Die Kaapse liedjieskrywer en sanger het in 2014 sy debuut album Storm op Jupiter, bekend gestel in Stellenbosch. Lukas is ook genomineer vir ʼn GHOEMA 2015 toekenning vir Beste Nuweling.

Storm op Jupiter is ʼn tien-snit album en bevat nege oorspronklike liedjies wat deur Lukas self gepen is, asook sy weergawe van Lucas Maree se Weduwee se Kruik. Sy liedjie Storie was drie keer agterteenvolgend nommer 1 op Groot FM 90.5 se S.A. Top 20. Dit bereik ook die nommer 1 posisie op Laeveld FM in 2014. Lukas het al sy verskyning gemaak op Kyknet se Jukebox en ook op JAM se Nuweling en Top 5 insetsels.

Met stukkies Blues, Klassieke 80’s Rock en so bietjie Folk en ʼn dosis Pop vorm goeie, eerlik en digterlike liedjieskryf die kern van Storm op Jupiter, met lirieke en melodieë wat ongetwyfeld jou hart sal raak. Sterk Christelike ondertoon wat by dra tot Lukas se eie geloof en wat gehoor kan word in liedjies soos Verlore Seun, Ankers en By My wat ʼn moderne toonsetting is van Psalm 139.

Wat Storm op Jupiter veral buitengewoon maak is die feit dat die meester vervaardig is deur Abbey Road Studios in London deur die fenomenale Geoff Pesche. Dis nou dieselfde studio waar legendes soos The Beatles baie van hulle treffers opgeneem het.

Oor Lukas de Beer

Wanneer sy stem nie in die vorm van liedjies op radio gehoor word nie, is Lukas ook aanbieder van die ontbytprogram op 729 Kaapsekansel. Sy liefde is gebore ui sy dae as professionele stemkunstenaar in die korporatiewe wêreld. Met ʼn Honneursgraad in Teologie (UJ) het hy ook onlangs ʼn Meestersgraad in Management Coaching (USB) verwerf. Hy fokus sy navorsing daarop om sangers, musikante en liedjieskrywers te help om kreatief te kan bly in ʼn veeleisende bedryf – dit dan deur middel van Creativity Life Coaching. Lukas speel baskitaar sedert laerskool, sing, en het ook tot onlangs nog Musiekbesigheid en Liedjieskryf by ʼn privaat kollege in Somerset-Wes aangebied vir voorgraadse studente. Wanneer die dag tot ʼn einde kom en hy met alle musiekverwante dinge klaarmaak, keer hy terug na sy beeldskone vrou, ʼn mediese dokter en hul drie kinders in Somerset-Wes.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.