Nogtans – Onbeskaamd (CD)

R109.90

Product Description

Elke mens op aarde word gekonfronteer met moeilike omstandighede, storms, woestyne, hartseer, angs & desperaatheid. En wanneer die donker aan jou deur kom klop en jy ‘n bitter beker drink…sal jy as volgeling van Jesus kan sê: “Nogtans, sal ek glo in Jesus?”

“Nog nooit in die geskiedenis van kerk is daar soveel mense vervolg soos nou nie. En jy vra jouself af; sal ek kan staande bly as dit my pad langs kom? Sal ek bly vasklou aan die Een wat ten spyte van al my gebreke NOGTANS gesterf het vir my?

“Selfs in ons eie span het elkeen van die lede die laaste paar jaar hulle eie hartseer, uitdagings en storms deurgegaan. En elkeen moes sy hart ondersoek en seker maak dat Jesus die middelmas is.

“So, die boodskappe op hierdie album laat mens self-ondersoek doen, maar vul ‘n mens ook met verwondering & hoop oor ‘n Verlosser, Vader en Vertrooster wat ons so lief het! En al het ‘n mens baie vrae, kom jy tot die besef dat ‘n Skepper wat wys genoeg is om die heelal
asook elkeen van ons te skep, verseker wys genoeg is om na my, Sy kind, om te sien.”

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.