Hoor jou Maat se Hart – Gretha Wiid (DVD)

R150.00

Out of stock

Compare

‘n Praktiese DVD oor kommunikasie in die huwelik Wanneer ons by mekaar verby praat en sukkel om mekaar se harte te hoor, kom ons so maklik by ‘n plek van frustrasie, wedersydse beskuldiging, magteloosheid en gevoelens van verwerping. In ons soeke om gehoor te word en geag te word as waardig, trap ons dikwels in die strikke van swak kommunikasie. Ons verdedig so hard dat ons kwalik die ander persoon hoor. Ons neem aan dat ons weet wat ons maats gaan sê, en luister daarom net half. Ons raak persoonlik en dwaal heeltemal van die punt van konflik af. En om dinge net nóg interessanter te maak, is daar die waarheid dat mans en vrouens wesenlik verskil in hulle kommunikasie benadering. ‘n Maklike resep vir chaos! In hierdie DVD wys Gretha op haar eiesoortige humoristiese manier op die verskille tussen mans en vrouens as dit by kommunikasie kom. Haar praktiese voorbeelde maak dit maklik om jouself raak te sien (en te hoor) asook om elke slaggat te identifiseer en te leer vermy. Hierdie DVD gaan jou nie net uitdaag en konfronteer in jou kommunikasie patrone nie, dit gaan jou ‘n kykie gee in die lig aan die einde van die tonnel. Jy sal leer om jouself nie vas te staar in jou maat se woorde nie, maar jou maat se hartsbedoeling te hoor – die emosie agter elke stukkie konflik.

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.