Superhelde Storieboek – Carolyn Larsen

R169.90

Out of stock

Product Description

Sterk en dapper Bybelse helde wat die wêreld verander het vir Jesus.
Wat het Simson, Dawid en Jesus in gemeen? Jy’t reg geraai! Hulle is helde … en jy is ook een! Jy is God se spesiale helper, want Hy het ’n spesiale werk wat nét jy kan doen.
Dit is die boodskap wat Carolyn Larsen in Superhelde – Storieboek by seuns tuisbring. Hierdie onge­looflike sto­ries uit hulle groot helde-gids – die Bybel – sal hulle leer dat God ’n spesiale plan vir almal het. Die 24 stories uit die Ou en Nuwe Testament word versterk deur aksiebelaaide illus­trasies met ’n strokiesprent-gevoel. Dit sal vir seuns ’n prentjie skets van hoe sommige van God se groot­ste helde se lewens gelyk het.
Elke storie het ook ’n karaktertrek van ’n super­held, wenk vir die jong leser en spesiale kernvers. Dan is daar ook ’n engel-held wat op die bladsye vir seuns wegkruip.
Superhelde – Storieboek sal seuns laat besef hoe be­langrik hulle in God se koninkryk is.
Ook beskikbaar in Engels Super Heroes Storybook

Additional information

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.