Onder Engele-Vleuels – Karen Kingsbury

R199.95

Out of stock

Compare

Onder engele-vleuels is die derde roman in die onvergeetlike Engele op ‘n missiereeks, ‘n reeks oor Goddelike ingryping en die oorwinnings en seges van ‘n groep vriende. Ten spyte daarvan dat sy ‘n hartoorplanting nodig het, en teen die dokter se advies, verhuis Mary Catherine na Uganda om by ‘n nuwe kinderhuis te gaan werk.
Alhoewel sy nie baie tyd oorhet om te lewe nie, is dit Mary Catherine se keuse om met kinders te werk – veral omdat sy nooit kinders van haar eie sal hê nie. Die enigste probleem is Marcus Dillinger, ‘n bekende voetbalspeler, die waarop sy nooit velief wou raak nie. Nie Marcus, of Mary Catherine se ander vriende – Tyler Ames en Samie Dawson – weet presies hoe erg haar hattoestand is nie. Tog weet Marcus, diep in sy siel, dat iets nie reg is nie. Uitendelik lei sy korrespondensie met Mary Catherine hom op ‘n desperate, lewe-of-dood-sending om haar te gaan red om haar betyds by ‘n Amerikaanse Hospitaal uit te kry.
Intussen worstel Sami en Tyler met hulle eie probleme. In ‘n seisoen waar Tyler beplan om vir Sami te vra om met hom te trou, is die hart van hulle verhouding in die gedrang. Die span engele op ‘n missie is besiger as ooit in hierdie epiese geveg om lewe en dood.
Onder engele-vleuels is ‘n aangrypende verhaal van liefde, opoffering en die krag van geloof.

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.