Man Tot Man – John & Sam Eldredge

R169.95

Product Description

Ons wil selfversorgend wees. Ons eie rigting vind in die navolg van ons drome. Ons weet alles en wil nooit vir raad
vra nie. Is dit nie hoe meeste ouens man-wees benader nie? Op ons eie, terwyl ons voorgee dat ons beter doen as
wat die werklikheid is? Maar vroeër of later raak die opwinding van onafhanklikheid verlore in ’n waas van
afsondering.
Dit is tyd om die druk te verminder. Dit was nooit bedoel dat ons die lewe op ons eie moet aanpak nie.
Die kern van Man tot Man is ’n opregte gesprek tussen ’n verwarde jong man en ’n ouer man wat wysheid en insig
gee oor die tydlose kwessies op die pad na volwassenheid. Die sentrale tema is geskoei op die Masai-tradisie waar
’n seun eers beskou word as ’n man sodra hy sy eerste leeu doodgemaak het.
Man tot Man is meer as vaderlike wysheid. Dit is ’n uitnodiging na ’n reis: om òf die seun te wees wat vaderlike
wysheid ontvang, òf die vader wat leer wat om te sê.
Maar die belangrikste is, hierdie gesprekke spreek tot ’n soekende generasie: ‘Jy is nie alleen nie. Alles hang nie van
jou af nie. Jy sál jou pad vind.’
VERKOOPSPUNTE

Wêreldbekende topverkoperskrywer wat al meer as vyftien boeke gepubliseer het.
Die styl van die boek is in gesprekvorm – ’n dialoog tussen ’n pa en ’n seun
Wysheid en insig oor die tydlose kwessies van ’n jong man se reis na man-wees

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.