Jy Is Bekoorlik! – John & Stasi Eldredge

R160.00

Out of stock

Product Description

Die meeste dogtertjies droom daarvan om avontuur te beleef; om die prinses in die verhaal te wees wat deur haar prins gered word. Maar wanneer hulle grootword, word hulle toegegooi onder allerhande pligte en verwagtings, en worstel hulle onder die druk van wat van hulle verwag word: om ‘n goeie dienaar, ma en huisvrou te wees. Die skrywers wys waarvoor God die vrou oorspronklik geskep het, en hoe haar hart herstel kan word om die vryheid, krag en skoonheid te beleef wat vir haar bestem is. Hulle kyk ook na die drie begeertes van ‘n vrou: Om deel te wees van ‘n avontuur; Om mooi te wees; Om bemin te word. Jy is bekoorlik! wys waarom God die enigste Een is wat daardie begeertes volmaak kan bevredig en nooi vroue om hul vroulike hart, wat na God se beeld geskep is, terug te kry.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.