Is Jesus Genoeg? – Angus Buchan

R79.90

Out of stock

Compare

Stap in die voetspore van hulle wat glo Jesus is genoeg.
Is Jesus genoeg vir jou? As jy die vraag moet beant­woord, kan jy met alle eerlikheid sê jy leef elke oom­blik tot eer van God?
Outeur en evangelis Angus Buchan fokus jou aandag in Is Jesus genoeg? op die feit dat Jesus altyd jou hoofdoel moet bly – diens aan ander is ’n uitvloeisel hiervan. Hy raak onderwerpe aan soos gebed, onvoorwaarde­like oorgawe, nederigheid, aan­bidding en leierskap. Angus deel ware verhale van hoe die lewens lyk van mense wat werklik geglo het dat Jesus genoeg is vir hulle – van bekendes soos Billy Graham en David Livingstone tot persoon­like verhale van mense wat Angus op sy reise ontmoet het.
Jesus ís genoeg vir jou. Angus herinner jou dat dit inderdaad steeds ’n waarheid is waaraan jy kan vashou – ten spyte van al die bekommernisse, pro­bleme en struikelblokke van vandag.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Is Jesus Enough?

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.