Begin Die Reis – Angus Buchan

R30.00

Compare

Om Jesus te volg – en Hom met ander te deel – is die belangrikste lewensbesluit wat iemand ooit kan neem.
In Begin die reis sal lesers weer bewus word van God se perfekte plan vir verlossing deur Jesus Christus. Op ʼn eenvoudige manier verdui­delik Angus Buchan die pro­bleem van sonde en God se plan om ons verhou­ding met Hom te herstel.
Angus bespreek wat ’n mens moet doen nadat jy jou redding aanvaar het. Dié boek is ’n ideale evange­lisasie-hulpmiddel en fokus veral op:
•Redding: wat dit beteken om Jesus Christus as persoonlike Here en Redder te ken.
•Groei in God: hoe om te groei in jou wandel met God.
•Die groot opdrag: hoe om die Goeie Nuus met ander te deel.
Ingesluit is verse uit die Bybel oor verlossing en die Christelike leefwyse wat lesers kan memoriseer om hulle te versterk. Daar is ook ’n lys Skrif­verwysings oor waar om belangrike gedeeltes in die Bybel te kry..
As ’n gelowige is dit belangrik om hierdie lewens­veranderende nuus met ander te deel en Begin die reis sal elke gelowige help om dié roeping uit te leef.

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.