Maak ‘n Kopskuif – Dr. Caroline Leaf

R229.90

Product Description

Die hedendaagse samelewing gaan gebuk onder gif­tige ge­dagtes wat letterlik ons gesondheid benadeel. Wat jy dink, beïnvloed inderdaad jou liggaamlike en emosionele gesond­heid!
Met ondersteuning van onlangse wetenskaplike en medie­se navorsing gee dr. Caroline Leaf in Maak ’n kopskuif vir ons ’n Bybelsgebaseerde voorskrif wat ons sal help om gesonder te leef deur ons denk­patrone te verander. Sy wys hoe ’n kopskuif ons in staat sal stel om gelukkiger, gesonder en meer vreug­devolle lewens te lei, ons doelwitte te bereik, ons lewe onder beheer te kry en selfs ons intelligensie te ver­hoog.
Elke hoofstuk word afge­rond met die kernpunte in die hoofstuk vir maklike naslaan en terugskouing. Verder bied hierdie boek ook ’n praktiese 21-dag-breindetoksplan wat jou lei om giftige gedagtes met ge­sondes te vervang.
Maak ’n kopskuif is bedoel vir almal wat nie meer ’n slagoffer van hulle gedagtes wil wees nie, maar hulle brein se volle potensiaal wil benut.

Additional information

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.