Product Description
Vier vroue in hul veertigs. Aan die buitekant all glitz and glam, maar onder draai die duiwel rond… Suzanne, “pleaser” wat sloof vir haar man en drie tieners. Sy druk maar ore toe vir die menopause-wolf wat aan haar voordeur hamer en ‘n spook wat oor haar Monet-roostuin buite die kombuis venster sweef…water Johan se mond dalk vir groener weivelde? Christel, haar kinderlose, wyser-as-die-wereldsuster, is drop dead beautiful en ‘n celeb op Italiaanse spykerhakstewels. Die uiteinde van haar Mario se flings met systringemodelle is ‘n skeipaartie waar die bird of Paradise ‘n paar glans groen vere verloor… Adri, koel sakevrou en mik na die Who’s Who Map. Franco mag nou wel werkloos wees, maar is steeds ‘n beeld van ‘n man en hou darem die twee tieners aan die gang. Haar beste vriend is botox – en haar verhouding met haar man en kinders is ewe leeg en sonder siel. Lisa, dromerige ontwerper van vloeiende skeppings vir vroue, het haar hart vir straathonde en bedelaars behou… al boelie haar welaf Stephen Covey-man haar
Reviews
There are no reviews yet.