Suiderkruis (DVD)

R110.00

Out of stock

Compare

Lana besluit om alles wat sy het te verkoop en sy bel haar drie beste vriende. As sy hierdie wêreld gaan verlaat, gaan sy dit in styl doen.
Soos die vier vriende vertrek op die reis van ’n leeftyd, ontdek ons dat daar altyd meer is as wat ooglopend is wanneer dit kom by die lewe, liefde en vriendskap. Mieke, ’n vrou vol draadwerk, ontdek sy is meer as net die getal op ’n skaal. Jean vind sy stem en Karin leer dat sy sterk genoeg is om sonder haar beste vriendin aan te gaan.
Alhoewel hierdie vier vriende teen die oormag moet stry, is Suiderkruis geensins ’n tragedie nie, maar eerder ’n viering van vriendskap, liefde, en die onuitblusbare menslike gees. Langs die pad ontmoet ons eksentrieke karakters, eienaardige klein dorpies en ons leer dat God in die goed en die sleg van die lewe te vinde is en alles ten goede laat meewerk vir die wat Hy liefhet. In die donkerste nag skyn Hy ’n lig.

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.