Seks In Die Huwelik – Jou Lus, Las of Liefde? – Gretha Wiid

R150.00

Compare

As daar nou een onderwerp is wat kinders van die Here wegbêre in kaste en toehou onder die lakens, dan is dit seks! Ons is geleer dat seks heilig is, maar moes ook hoor dat dit sonde is. Dis wonderlik, maar bly weg daarvan af! Met hierdie dubbelboodskappe is dit g’n wonder dat ons sukkel om openhartig en lekker gemaklik hieroor te praat nie. Met hierdie DVD skroom Gretha egter glad nie om God se waarheid te bring aan ons mense nie. Sy praat reguit, en skroom nie om tradisie aan te pak nie. In dieselfde asem bring sy God se onwrikbare waarheid oor die strik van wellus, en die leuens wat ons weerhou van onblusbare passie. Hierdie DVD gaan jou sekslewe oproep tot iets nuuts . Jy gaan die begeerte van jou maat leer ken en geïnspireer word tot nuwe avonture. Vrae waarmee jy dalk al vir jare in jou gemoed rondloop, sal met die kyk van hierdie DVD vir jou beantwoord word. In Gretha-taal “gaan groot, of gaan huistoe”!

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.