‘N Nuwe Jy – Die Finesse Tydskrif Boek

R119.00

Out of stock

Product Description

Finesse se ʼn Nuwe jy tydskrifboek is meer as net nog ʼn tydskrif – dit is ʼn alles in een gids wat elke aspek van jou gesondheids- en skoonheidsroetine aanraak en ʼn hele paar vrae oor dieet sal beantwoord waaroor jy al lank wonder.
Linda Kriel deel ʼn hele paar oefeninge, wat jy vinnig kan doen en wat vir seker effektief is vir jou spesifieke liggaamsvorm. So begin jy die eerste stap vat na die lyf wat by jou pas! Verskeie bekendes, soos Janie du Plessis, Dorette Potgieter en Elma Smit deel ook hulle skoonheids- en gesondheidsgeheime.
Nie net kan jy van bekende mense lees nie, maar jy kry ook verskillende maniere om jou grimering te doen: smeulende lippe en dramatiese oë vir ʼn romantiese aandjie uit of selfs net grimering vir ʼn dag by die werk of koffie saam ʼn vriendin. Dalk wil jy graag ʼn spesifieke haarstyl hê, maar is nie seker of dit by jou sal pas nie. Hier wys ons wat pas by jou gesigvorm en wat nie, dit kan die moeilike besluit vir jou baie makliker sal maak.
Kry ook al die wenke wat jy by ʼn professionele kenner sal kry: jonger mond, spatare, watter kwaste om te gebruik, afskilfering en is dit nodig, die haarkleur wat by jou pas, selluliet en vele meer.
Wil jy dalk gewig verloor, maar jy weet nie waar om te begin en wat jy mag eet en wat nie? Kies een van twee eetplanne wat vir jou sal werk wat spesiaal deur die dieetkundige Amanda Kuit uitgewerk is! Ons sê ook wat jy moet doen om die manier waarop jy oor jou gewig dink te verander en hoe jy ʼn gelukkiger mens kan wees in net 3 stappe!
Word ʼn gesonder, jonger, mooier, maerder en gelukkiger jy en vat die lewe wat jy nog altyd wou gehad het.

Additional information

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.