Kweek Dissipline Met Deernis – Hettie Brittz

R169.90

Out of stock

Product Description

Kweek Dissipline met Deernis is die derde ouerskapboek deur Hettie Brittz (internasionale spreker en skrywer, en stigter van Immergroen Ouerskap/Evergreen Parenting). Hierdie praktiese dissiplinegids rus ouers en onderwysers toe om die dissipline van kinders van alle ouderdomme reg aan te pak.

Die gids bestaan uit drie dele:
Dissipline 101: Die vyf O’s van dissipline leer ouers en onderwysers hoe om die vyf vaardighede van ’n goeie opvoeder te bemeester.
Dissipline 201: Die vyf R’e van dissipline gee innoverende maniere om die vyf sleutelelemente van ’n gesonde skool- en gesinskultuur te vestig.
Dissipline 301: Die vyf reëls vir dissipline beantwoord die kwelvrae oor die korrekte hantering van alles van boeliegedrag en konsentrasieprobleme tot woedebuie en tienerstreke.

Ten slotte stel Hettie Brittz ’n splinternuwe dissiplineplan vir skole voor met wenke wat vir altyd kan verander hoe opvoeders na kinders en hulle probleemgedrag kyk.

Sluit ook ‘n bibliografie in vir verdere studie.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.