Kinderdissipline – 0-9 Jaar – Gretha Wiid

R140.00

Compare

Nuwe Vissie, Nuwe Hoop, Nuwe Lewe. Kinderdissipline. Wanneer ons die geleentheid het om ‘n positiewe verskil te maak in die lewe van kinders en ouers word ons meedoeners in die verandering van die sameleweing. Gretha glo dat ‘n mens se opvoeding as kind, jou keuses as man of vrou en die mense wie jy kies as geselskap, jou dikwels negatief slyp en weerhou van jou Goddelike ontwerp. Wat haar egter opgewonde maak is volgehoue geleenthede tot verbetering, versterking en eindelik: lewensverandering. Gretha se bediening fokus daarop om kinders en ouers te begelei in hierdie lewensverandering. Ten einde dit te bereik, bied Gretha werkswinkels, seminare en kampe aan vir tienerdogters en – seuns in die veld van seksualiteit en leierskap. Sy het ook verskillende ouerskap CD’s om ouers te begelei in die opvoedingstaak van seksualiteit, dissipline en positiewe ouerskap. Gretha bied ook Huweliksverrykingskampe aan en tree op as motiverende spreker. Vanuit haar getuienis is dit duidelik dat God ons ervaringe gebruik en ten geode laat meewerk om met nuwe oë na ons verlede te kyk en met ‘n verwagting vooruit te gaan.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.