Gereed vir die Wederkoms? – Johan Smit

R29.00

Compare

Bybelstudie
25 studies oor 1 en 2 Petrus en hoe om op te staan vir jou geloof.
Wat is werklik belangrik – hoe die wêreld jou sien of hoe God jou sien? Dit is hierdie besef, en die heerlikheid wat in die toekoms wag, wat dit vir Christene draaglik maak wanneer hulle ervaar hoe die wêreld hulle eenkant toe stoot.
Johan Smit moedig lesers in Gereed vir die wederkoms? aan om te volhard en nie moed op te gee in hulle geloof nie. Dié Bybelstudie trek lesers se aandag in die 25 dele na die voor­uitsig van die ewige lewe en om deur die krag van Christus lyding en vervolging te deurstaan.
Net soos die gelowiges aan wie Petrus sy briewe rig, moet gelowiges vandag ook opstaan vir dit waarin hulle glo. Johan Smit lig ook die rig­lyne uit wat Petrus se briewe vir Christene gee oor hoe om hulle geloof in die elkedagse lewensprak­tyk sinvol te beoefen.
Gereed vir die wederkoms? is ideaal vir indivi­due en ook vir klein­groepe. Dit bevat die volledige teks van Petrus se twee briewe.

ISBN