Genade in Gebrokenheid – Ann Voskamp

R179.95

Product Description

Dit is moontlik om te midde van gebrokenheid ʼn pad na vreugde, vervulling en ʼn oorvloedige lewe te vind.
Dit is moontlik om ’n oorvloedige lewe te leef te midde van jou gebrokenheid. So sê New York Times-topver­koper-outeur Ann Voskamp.
In haar boek Genade in gebrokenheid vra sy vrae wat ons nie kan bekostig om te ignoreer nie:
•Hoe hanteer jy jou onuitgesproke gebroken­heid?
•Wat is die antwoord op die pyn en gebroken­heid in ons almal se harte?
•Wat doen jy as jy regtig volkome heling wil er­vaar voor dit te laat is?
In ’n diep en persoonlike belydenis lei Ann lesers na ’n plek waar ons die gebrokenheid in ons elkeen kan erken en aanvaar. Sy help ons om God se goeie doel in alles raak te sien, om te besef hoe Hy ons lei, nie met ’n ompad verby die pyn nie, maar déúr die pyn.
In Genade in gebrokenheid oortuig Ann ons dat daar niks is wat so gebroke is dat dit nie herstel kan word wanneer ons die lewende Christus se teenwoor­digheid betree nie.

Additional information

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.