Dink & Eet Jouself Slim – Dr. Caroline Leaf

R249.90

Out of stock

Compare

’n Neurowetenskaplike benadering tot ’n gesonder lewe.
Banting, glutenvry, paleo en vegan, is deesdae op almal se lippe. Hoe moet mense kies wat die beste is? Dr. Caroline Leaf het ’n ander boodskap: Elke mens is uniek en het unieke voedingsbehoeftes. Daar­om moet elke mens sy eie unieke dieet bepaal. Daar is nie net een perfekte antwoord nie!
In Dink en eet jouself slim staan sy lesers by met al die moeilike kos-besluite. Sy wys hulle hoe om hulle kennis oor kos en kos­praktyke te verbeter. En die be­langrikste van alles, om hul gesind­heid oor kos, gesond­heid, ge­nesing en voedings­waarde te verander.
Dink en eet jouself slim gee vir lesers ’n hele nuwe perspektief van gesondheid, hoe jou liggaam funksio­neer, die kosbedryf en watter rol jou brein in hierdie he­le proses speel. Sy wys byvoorbeeld op die heel nuut­ste neurowetenskaplike navorsing wat aantoon dat jou gemoedstoestand – of jy ongelukkig is, gestres is of selfs moeg is as gevolg van te min slaap – die werking van jou spysverteringstelsel beïnvloed.
Dink en eet jouself slim is in drie dele verdeel:
· Erken dit! – ondersoek die probleme met ons hedendaagse eetgewoontes.
· Stop dit! – fokus op die krag van ons denke en die impak van toksiese gedagtes en kos op ons liggaam en verstand.
· Oorwin dit! – kyk na leefstyl-veranderinge wat jou sal help om jouself slim te eet en bied 21 wegspring-resepte.
Dink en eet jouself slim bied volhoubare langter­myn-leefstyl-oplossings wat jou sal aanmoedig en in staat stel om die regte besluite te neem wanneer dit by jou eetgewoontes kom. Die omvattende bronnelys is ideaal vir ver­dere naslaan.

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.