Die Verdwyning – Irene Hannon

R199.90

Product Description

Wat sal een mens doen om te keer dat ’n skokkende geheim ontbloot word?
’n Vasberade joernalis. ’n Skeptiese privaatspeurder. En ’n geheim wat lewens kan verwoes. Dít is die agtergrond waarteen Die verdwyning deur Irene Hannon afspeel.
Moira Harrison, ’n joernalis, verdwaal in die donker tydens ’n donderstorm. Skielik verskyn ’n vreesbevange meisie voor haar en sy voel die soliede slag teen die kant van haar kar voor sy in ’n boom vasry.
’n Man maak haar deur oop, sê hy het alles gesien en belowe om die nooddienste te bel. Dan verloor Moira haar bewussyn. Wanneer sy wakker word, is sy alleen. Daar is geen man, geen nooddienste en geen beseerde meisie nie.
Die enigste persoon wat haar storie glo en bereid is om te help, is ’n privaat­speurder. Maar soos die leidrade ont­rafel word, word dit dui­delik daar is iemand wat enig­iets sal doen om ’n skok­kende geheim te bewaar.

Additional information

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.