Product Description
Maak jou oë oop vir die onsienlike wêreld rondom ons.
Elke mens het deel aan twee wêrelde: die fisiese wêreld waarvan jy jou met jou sintuie kan vergewis, en die geesteswêreld waarvan ’n mens nie langs fisiese kanale insig kan kry nie. Die feit dat sommige mense die bestaan van hierdie geesteswêreld ontken, beteken beslis nie dat dit nie bestaan nie of dat ons nie deel is daarvan nie.
In Die geesteswêreld werp Isak Burger lig op hierdie onsienlike wêreld rondom ons. Hy fokus op veral vyf hoofdele:
•Die realiteit van die geesteswêreld
•God en die geesteswêreld
•Die engele
•Satan en sy demone
•Die gelowige en die geesteswêreld
Isak Burger wys vir gelowiges in hierdie boek daarop dat dit noodsaaklik is om kennis te neem van die geesteswêreld en wat daarin gebeur, want dit raak ons elkeen, 159 Pages.
Reviews
There are no reviews yet.