5 Minute Voor En Na Die Dood – Isak Burger

R135.00

Out of stock

Product Description

Ontrafel die geheime en misterie van doodgaan.
Die dood is deel van die lewe. ’n Werklikheid wat jou seermaak, maar ook die begin is van alles wat hierna gebeur. En dís waaroor jy so baie vrae het.
· Is elkeen se sterfdatum vooruitbepaal – en deur wie?
· Wat gebeur net voor jy jou laaste asem uitblaas?
· Wat ervaar jy wanneer jy sterf en waar is jy net daarna?
· Hoe lyk die hel en moet gelowiges bang wees om daar te beland?
· Kan mense na selfdood hemel toe gaan?
5 minute voor en ná die dood ontrafel die geheime en misterie van doodgaan. Dit praat reguit teen onbybelse geloofsbeskouings en waarsku dat jy nou die regte besluite moet neem. Maar dis nie ’n bangmaakpreek nie!
Die woorde van Jesus oor die hiernamaals in Lukas 16:19-31 sal al jou vrae beantwoord. Isak Burger se wysheid uit die Woord sal al jou vrese vervang met sekerhede oor genade wat vir elkeen beskikbaar is.
Jy sal nuwe waardering kry vir die voorreg van voluit lewe met ’n uitsig op heerlike dinge wat vir jou wag. En as jy treur oor ’n geliefde wat dood is, sal jy getroos voel en weet: eendag sien ons mekaar weer.

Additional information

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.