My Kreatiewe Joernaal-Bybel – Nuwe Lewende Vertaaling – Blougroen (Luukse Leer Hardeband)

R565.00

Compare

Bêre God se Woord diep in jou hart en skep ’n kleinood wat die volgende geslag sal inspireer.

Ontdek God se liefde en die wonders van sy Woord opnuut met My kreatiewe Joernaal-Bybel – ’n unieke kombinasie van die Skrif en kuns.

Met hierdie Bybel kan jy mediteer oor die waarhede in die Bybel terwyl jy die spesiaal ontwerpte woordkuns-teksverse inkleur, en die Woord van God so in jou hart koester en versterk.

Die volgende kenmerke sorg vir ’n unieke ervaring:

· Die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling in enkelkolom-uitleg

· Lesersvriendelike 8.65 punt lettergrootte

· Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings

· Ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur – elkeen uniek ontwerp

· Indeks van woordkuns-teksverse

My kreatiewe Joernaal-Bybel is ’n bron van vrede, vernuwing en inspirasie. Skep ’n unieke kleinood met jou persoonlike stempel wat jy en jou geliefdes geslagte lank sal koester.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel InspireTM: The Bible for Creative Journaling

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.