Die Aksie-Bybel – God Se Storie Van Verlossing

R399.90

Product Description

Kom deel in die opwinding van die wêreld se wonderlikste storie ooit. Die Aksie-Bybel bied meer as 200 kort, aksie­belaaide Bybelstories in chrono­logiese volgorde. Dit ver­seker dat lesers die historiese vloei van die Bybel beter verstaan, en dra ook by tot ’n kragtiger opbou na die op­windende hoog­tepunt.
Die aangrypende Ou- en Nuwe-Testamentiese stories in Die Aksie-Bybel kommunikeer Bybelse waarhede dui­delik en kragtig aan hedendaagse lesers. Die gemaklike skryfstyl en dra­matiese illustra­sies sal aanklank vind by kinders en almal wat jonk van gees is. Skrif­verwysings kom aan die begin van elke storie voor om verdere Bybellees aan te moedig, en ʼn volledige Skrifindeks kom agter in die Bybel voor.
Internasionaal erkende kunstenaar Sergio Cariello se aan­grypende, kleurryke illustrasies word gekenmerk deur drama­tiese skakerings, sterk en ener­gieke ontwerpe en emosioneel gelaaide figure.
Hierdie is die verhaal van God se verlossing – in aksie!

Additional information

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.