Product Description
clr030, 21.5cm x 28cm
Waarhede en wyshede uit Spreuke met inspirerende illustrasies om in te kleur.
Die boek Spreuke is ’n skatkis vol tydlose waarhede en wyshede oor hoe om ʼn lewe van geregtigheid te leef wat God sal behaag. Pêrels van wysheid is ’n versameling bekende en insiggewende verse uit Spreuke gekombineer met pragtige ontwerpe om in te kleur.
Terwyl jy inkleur en die verse oordink, sal jy nader aan God beweeg en met sy wysheid en begrip gevul word. Dan sal jou pad wees “soos die lig met dagbreek. Dit word al helderder totdat die volle dag aanbreek” (Spreuke 4:18).
Pêrels van wysheid bied:
-geperforeerde bladsye wat maklik kan uitskeur
-kaartjies en boekmerke wat jy kan inkleur, uitsny en vir vriende gee
-leë bladsye waarop jy jou eie kreatiwiteit kan loslaat
-inspirerende teksverse vol wysheid uit die boek Spreuke.
Pêrels van wysheid is die ideale geskenk vir enigeen op soek na skriftuurlike wysheid terwyl hulle ook wil ontspan. Ervaar die seën, genade en vrede wat te vind is in die boek Spreuke.
Reviews
There are no reviews yet.